Category

Seminaar

RenEnergy & NWK het ‘n suksesvolle seminaar aangebied op 20 September.

By | Seminaar | No Comments

Die gehoor het verskeie sektore soos, landbou, besigheid, opvoedkunde en privaat individue verteenwoordig.

Die seminaar het ten doel gehad om basiese inligting te verskaf rondom:

  • Die huidige situasie ten opsigte van hernubare energie in die RSA.
  • Daar is kortliks geraak aan Nersa en Eskom se rol in hernubare energie.
  • RenEnergy se DNS en fokus op oplossings in die benutting van sonlig-energie in die RSA
  • Voorbeelde van werkbare oplossings en prosesse wat gevolg is deur RenEnergy.
  • Daar is gekyk na werklike resultate en besparings wat verkry is deur die son in te span.
  • Terrein besoek aan NWK hoofkantoor se projek op die parkeer-afdakke.

Seminaargangers was deurgaans verras deur die vordering wat daar in hierdie veld gemaak is en kommentaar het gewissel van: “ek moes lankal meer uitgevind het” tot “die ouens wat nie hier was nie het iets gemis”.